• Skip to main content
  • Skip to footer
  • Home
  • About
    • MyPE Copyright Terms
    • Authors
    • Deals
  • Info
    • Accommodation
    • Classified Adverts
    • Directory
    • Essential PE Numbers
    • Flight Schedules
    • Forex Converter
    • PE’s Online Radio Stations
      • Algoa FM
      • Bay FM
      • iFM
      • Kingfisher FM
      • MannMade Radio
      • Madibaz Radio
      • Umhlobo Wenene
    • Podcasts
    • Shipping
    • Street Map
    • Tides
    • Ward Details
    • Ward News
    • Weather
  • Contact
    • Advertising on MyPE
  • Submit
    • Blogger
    • 5 Quick PE Questions
    • Entertainment
    • Events
      • Add your Port Elizabeth event
    • Letter to the Editor
    • Lost and Found
    • Movers and Shakers
    • News Article
    • PE Videos
    • Photographs
    • Recipes
    • Traffic Hooligan
    • Say NO
  • Dam Levels
  • Advertorial
  • Business
  • NMBRA
  • NMB Rates
MyPE

MyPE

Community Business Directory, Event Listings, News and Views from Gqeberha, Nelson Mandela Bay

Pieter Willem Moolman: Makelaars bied ekstra versekering

23 January 2011 By Fullstop

www.MyPE.co.za: Moenie blindelings vertrou dat jou korttermynversekering goedkoper gaan wees as jy met ’n “direkte” versekeraar werk nie, skryf finansiële raadgewer Pieter Willem Moolman.

Pieter Willem Moolman
Pieter Willem Moolman

Mens sien sodanige maatskappye se advertensies letterlik oral en, met die koste van bemarking, moet mens die vraag vra of dit nie die kliënt op die ou end meer kos as om van die dienste van ’n makelaar gebruik te maak nie.

Ek wil my verstout om te sê dat diegene wat met direkte versekeraars werk aangenaam verras sal wees indien hulle hul premies sou vergelyk met dié van versekeraars wat deur goedgekeurde makelaars werk.

Hierdeur wil ek nie sê dat direkte versekeraars nie ’n plek in die finansiële wêreld het nie. Allermins. Hulle speel ’n belangrike rol en gaan in die toekoms ’n ál groter een speel.

In dieselfde asem glo ek dat die tradisionele makelaar ’n ewe belangrike rol vertolk.

Mens moet in gedagte hou dat korttermynversekering nie nét om premies wentel nie. Voldoende en geskikte dekking en die korrekte advies rondom dit is méér belangrik.

Een van die tekortkominge van direkte versekeraars is dat die persoon by die inbelsentrum nie vir jou dieselfde raad en rigting as ’n makelaar kan gee nie, aangesien hy nie jou omstandighede ken nie.

Jou makelaar het ’n meer persoonlike aanslag en kan vir jou leiding gee wat by jou omstandighede pas. Onthou, die onus berus altyd op die versekerde om seker te maak hy is tevrede met sy dekking.

Die hantering van eise is nog ’n belangrike aspek om in aanmerking te neem. Die vraag is wie namens jou gaan onderhandel indien daar een is.

’n Eenvoudige eis is dalk nie ’n probleem nie, maar ’n sogenaamde “grys” een kan problematies word. Makelaars beding daagliks honderde eise – wat nie andersins suksesvol sou wees nie – namens hul kliënte.

Polisbewoording is ook belangrik en die kliënt moet seker maak wat gedek is al dan nie. Omdat bewoording van polis tot polis verskil – veral by persoonlike polisse – moet daar ook seker gemaak word dat appels met appels vergelyk word.

’n Goeie makelaar behoort sy kliënt behoorlik oor die dekking in te lig en of dit mededingend in die mark is. Ander belangrike aspekte is byvoorbeeld die afkoop van bybetalings, motorhuur en vrywillige verhoogde bybetalings.

’n Werksverhouding word gewoonlik met tyd tussen ’n kliënt en makelaar gevorm. Laasgenoemde leer jou omstandighede ken en jy, as kliënt, kan sy advies deurentyd inwin.

Kontak jou finansiële raadgewer of makelaar gerus indien jy nie seker is of jy die beste moontlike premie vir jou dekking betaal nie.

Onthou, versekeraars betaal makelaars om ’n sekere diens te lewer. Direkte versekeraars betaal advertensiekoste.Makelaars bied ekstra versekering.

CLICK HERE to have your financial and other investment questions answered courtesy of Coetzee Gouws from Full Stop Communications.

Pieter Willem Moolman is the founder of PWM Financial Management in Port Elizabeth in the Eastern Cape. Their mission is to provide financial security and create wealth for their clients.

The following two tabs change content below.
  • Bio
  • Latest Posts

Fullstop

Full Stop Communications is a public relations consultancy in Port Elizabeth in the Eastern Cape of South Africa focusing on media relations and copywriting. We drive regional and national media campaigns in a number of fields, most notably in the property, legal and sports arenas. We also specialise in media monitoring, ghostwriting, editing, translation and advertising. See more articles by Full Stop.

Latest posts by Fullstop (see all)

  • Air Con – Landlord not happy! - 25 June 2014
  • What happens to your deposit if Agent is declared insolvent? - 11 June 2014
  • Calculating pro rata rental fairly - 23 May 2014
  • Constitution obliges owner to comply with HOA rules - 14 May 2014
  • Homeowners’ association versus sectional title - 30 April 2014

Filed Under: On The Money Tagged With: financial advice, full stop, pw moolmam

Footer

RSS Straton Electrical

RSS MyPE Business News

  • NMBBC On Budget 2025
  • Leading Business Minds Set to Headline Chambers Annual General Meeting
  • Bay of Opportunity Portal
  • Bay of Opportunity Ambassadors Programme to Promote the Bay and Attract Investment
  • 6 Decades of Trucking
  • Thermal Camera Installed at Redhouse Substation
  • Finalist in the 2025 South African Car of the Year
  • Joining hands to create a lasting impact to St Albans Primary School

RSS MyPR Press Releases

How you may use MyPE content © 2026 MyPE · Gqeberha, South Africa | Privacy Policy | MyPE Ads and Media Kit