• Skip to main content
  • Skip to footer
  • Home
  • About
    • MyPE Copyright Terms
    • Authors
    • Deals
  • Info
    • Accommodation
    • Classified Adverts
    • Directory
    • Essential PE Numbers
    • Flight Schedules
    • Forex Converter
    • PE’s Online Radio Stations
      • Algoa FM
      • Bay FM
      • iFM
      • Kingfisher FM
      • MannMade Radio
      • Madibaz Radio
      • Umhlobo Wenene
    • Podcasts
    • Shipping
    • Street Map
    • Tides
    • Ward Details
    • Ward News
    • Weather
  • Contact
    • Advertising on MyPE
  • Submit
    • Blogger
    • 5 Quick PE Questions
    • Entertainment
    • Events
      • Add your Port Elizabeth event
    • Letter to the Editor
    • Lost and Found
    • Movers and Shakers
    • News Article
    • PE Videos
    • Photographs
    • Recipes
    • Traffic Hooligan
    • Say NO
  • Dam Levels
  • Advertorial
  • Business
  • NMBRA
  • NMB Rates
MyPE

MyPE

Community Business Directory, Event Listings, News and Views from Gqeberha, Nelson Mandela Bay

Pieter Willem Moolman: Eis(h), wat nou?

30 January 2011 By Fullstop

www.MyPE.co.za: Omdat dit belangrik is om te weet wat jou regte ná ‘n eis is, wil ek die beginsel van “subrogasie” verduidelik asook uitbrei oor algemene voorwaardes van versekeringskontrakte, skryf finansiële raadgewer Pieter Willem Moolman.

Pieter Willem Moolman
Pieter Willem Moolman

In eenvoudige taal, is subrogasie die reg van ‘n versekeraar om namens ‘n kliënt teenoor derde partye op te tree en sodanig van die kliënt se regte asook alle beskikbare inligting gebruik te maak.

Dit behels byvoorbeeld dat die versekerde die versekeraar toelaat om die perseel waar die gebeurtenis plaasgevind het binne te gaan en besit te neem van beskadigde eiendom wat deur die polis verseker word.

Daar word van die versekerde verwag om alle inligting en bystand, wat redelikerwys vereis word, aan die versekeraar te verskaf en laasgenoemde mag die verhaling, verdediging of skikking van die eis oorneem en dit namens die versekerde voer.

Die versekeraar het die reg om ter enige tyd afstand te doen van enige verdediging, skikking of prosedure en die volle bedrag (of die bedrag waarvoor die eis geskik kan word) van sy aanspreeklikheid aan die versekerde te betaal.

Die grondliggende eienskap van subrogasie is dus die versekerde se reg om skadeloos gestel te word.

‘n Ander algemene voorwaarde behels bedrieglike optrede of wanvoorstelling. Die versekerde oortree indien daar bewys kan word dat hy/sy ‘n valse verklaring met betrekking tot ‘n eis aan die polisie of versekeraar gegee het.

Indien die versekerde, of enigeen wat namens hom/haar optree, bedrieglike maniere gebruik om voordeel ten opsigte van ‘n polis te verkry, verloor die versekerde sy/haar reg om ingevolge die polis te eis.

Die versekerde verloor ook alle regte indien ‘n eis ontstaan as gevolg van ‘n doelbewuste, voorbedagte of opsetlike daad wat die versekerde pleeg of waarby die versekerde of iemand wat namens hom/haar optree, betrokke is.

Verder kan die versekerde ook sy reg om te eis verloor indien inligting of dokumente in verband met ‘n eis, hetsy deur die versekerde self of namens hom/haar geskep, onwaar, onvolledig of bedrieglik is.

Die laaste punt waarvoor versekerdes moet ligloop, is om nie die grootte van ‘n eis doelbewus te oordryf nie.

Indien ‘n versekeraar ‘n eis skriftelik repudieer, of indien die versekerde die bedrag van ‘n eis wat skriftelik gemaak is, betwis, het laasgenoemde 180 dae ná sodanige kommunikasie om ‘n skriftelike vertoë te rig of regstappe in te stel.

Versekerdes moet ook deeglik bewus wees van die “kontribusie”-konsep. Dit vind plaas wanneer ‘n eis wat deur die versekerde se polis betaalbaar is ook deur ‘n ander polis gedek word – met ander woorde ‘n item is dubbel verseker.

Indien kontribusie van toepassing is, sal elke versekeraar sy eweredige deel van die eis betaal en is die versekerde nie geregtig om tweemaal vergoed te word nie.

Soos altyd, stel ek voor dat jy met jou finansiële raadgewer of makelaar praat indien jy verdere inligting of advies verlang.

CLICK HERE to have your financial and other investment questions answered courtesy of Coetzee Gouws from Full Stop Communications.

Pieter Willem Moolman is the founder of PWM Financial Management in Port Elizabeth in the Eastern Cape. Their mission is to provide financial security and create wealth for their clients.

The following two tabs change content below.
  • Bio
  • Latest Posts

Fullstop

Full Stop Communications is a public relations consultancy in Port Elizabeth in the Eastern Cape of South Africa focusing on media relations and copywriting. We drive regional and national media campaigns in a number of fields, most notably in the property, legal and sports arenas. We also specialise in media monitoring, ghostwriting, editing, translation and advertising. See more articles by Full Stop.

Latest posts by Fullstop (see all)

  • Air Con – Landlord not happy! - 25 June 2014
  • What happens to your deposit if Agent is declared insolvent? - 11 June 2014
  • Calculating pro rata rental fairly - 23 May 2014
  • Constitution obliges owner to comply with HOA rules - 14 May 2014
  • Homeowners’ association versus sectional title - 30 April 2014

Filed Under: On The Money Tagged With: financial advice, fullstop, money, pw moolman

Footer

RSS Straton Electrical

  • Open Cycle Gas Turbine Usage
  • Flattening the curve – What Every Solar Installer Needs to Know
  • Why you shouldn’t leave a charger plugged in when not in use
  • How do I check if an Electrician is properly registered in South Africa?
  • Easy Electrical Troubleshooting for Humans
  • Water – If You Cannot Measure It Then You Cannot Manage It
  • Tips To Survive Loadshedding
  • Eskom’s Top 50 Electricity Saving Tips

RSS MyPE Business News

  • NMBBC On Budget 2025
  • Leading Business Minds Set to Headline Chambers Annual General Meeting
  • Bay of Opportunity Portal
  • Bay of Opportunity Ambassadors Programme to Promote the Bay and Attract Investment
  • 6 Decades of Trucking
  • Thermal Camera Installed at Redhouse Substation
  • Finalist in the 2025 South African Car of the Year
  • Joining hands to create a lasting impact to St Albans Primary School

RSS MyPR Press Releases

  • Chery Vehicle giveaway adds extra excitement to inaugural Absa RUN YOUR CITY MANGAUNG 10K
  • R8.5 Million Lotto Winner Claims Prize in Gqeberha
  • Pensioners Win Refunds After Unauthorized Funeral Policy Deductions
  • Brahman Hills Appoints New General Manager
  • iCAUR 03T REEV Poised for South African Debut With 800 km Combined Range

How you may use MyPE content © 2026 MyPE · Gqeberha, South Africa | Privacy Policy | MyPE Ads and Media Kit