Geagte Redakteur,
Ek is werksaam in Haiti by ‘n plaaslike skool op Saint Marc
Ek het ‘n dogter in matriek in Framesby Hoerskool. Sy doen ook vir sakgeld saans diens as kelnerin by n restuarant In Kabegaprk waar n vragmotor bo oor n motor gery het. Die bestuurder van die motor, ‘n dame is uit die voertuig geslinger en die voertuig was nog ‘n slag or haar ook. My dogter was eerste op die toneel en het met die hulp van bystaanders 2 kinders uit die voertuig gehaal en versorg. Ook dadelik die dame bygestaan, Die dame het ernstike kop beserings gehad en my dogter het haar vasgehou en probeer stabiliseer in afwagting van die para medici.
Intussen moes sy blykbaar al begin werk en het die eienaar van die restuarant op haar geskree om te kom werk, wat sy op daardie oomblik nie kon of wou doen nie want die ambulans was al in hoor afstand. Na die para medici oorgeneem het, het sy werk toe gegaan. Sy is by haar aankoms in die restuarant uitgeskel en allerhande dreigemente is teenoor haar gemaak. Sy het die volgende dag (Woensdag 20 Augustus) die saak met die eienaar opgeneem en probeer verduidelik wat die omstandighede was, maar is net verder uitgeskel. My dogter is toe aangese om te bedank wat sy toe gedoen het
Dit is nie soos ek die Vriendelike stad ken nie en ek wil my afkeur oor die gebeure uitspreek. Port Elizabeth verdien sulke restuarante nie en ook nie sulke onvriendelike besighede nie.
My dogter se naam is Lynette de Bruyn.
Ek waardeer u ondersoek en moontlike publikasie, in die saak
Jos de Bruyn
Lycee Jean Babtiste, Pointe du Sable, St Marc, Haiti
Port Elizabethan
Latest posts by Port Elizabethan (see all)
- Why Fewer People Are Being Convicted for Commercial Crimes - 15 May 2026
- Urgent Call for South Africa to Support and Join Global Efforts to Phase Out Fossil Fuels - 15 April 2026
- Unfenced 6 SAI Army Base Outside Makhanda Claims Another Life - 20 November 2025
- Death Toll Rises From Makhado Bus Crash - 21 October 2025
- Law Clinics Flooded as Home Affairs Blocks Asylum Seekers From the System - 15 October 2025
