• Skip to main content
  • Skip to footer
  • Home
  • About
    • MyPE Copyright Terms
    • Authors
    • Deals
  • Info
    • Accommodation
    • Classified Adverts
    • Directory
    • Essential PE Numbers
    • Flight Schedules
    • Forex Converter
    • PE’s Online Radio Stations
      • Algoa FM
      • Bay FM
      • iFM
      • Kingfisher FM
      • MannMade Radio
      • Madibaz Radio
      • Umhlobo Wenene
    • Podcasts
    • Shipping
    • Street Map
    • Tides
    • Ward Details
    • Ward News
    • Weather
  • Contact
    • Advertising on MyPE
  • Submit
    • Blogger
    • 5 Quick PE Questions
    • Entertainment
    • Events
      • Add your Port Elizabeth event
    • Letter to the Editor
    • Lost and Found
    • Movers and Shakers
    • News Article
    • PE Videos
    • Photographs
    • Recipes
    • Traffic Hooligan
    • Say NO
  • Dam Levels
  • Advertorial
  • Business
  • NMBRA
  • NMB Rates
MyPE

MyPE

Community Business Directory, Event Listings, News and Views from Gqeberha, Nelson Mandela Bay

Wat die Hart van Vol is 2 – ‘n kabaret

23 May 2012 By Port Elizabethan

Wat die Hart van vol is 2 bring weer ‘n vars kykie op hoe die liefde die wêreld laat draai wanneer dié kabaret van 31 Mei tot 2 Junie vanjaar by die PEMADS Little Theatre in Sentraal op die planke gebring word.

Onder die regie van Riaan Hanekom en Marelize Booyens, sing, vertel én dans Wat die hart van vol is 2 oud en jonk na ‘n tyd en plek waar die liefde lê. Of mense nou pasgetroud is, besig is om saam oud te word, of bloot die opwinding van ‘n nuwe liefde vir iemand koester, dié kabaret is vir jóú geskryf.

Hanekom, wat ook verantwoordelik was vir die eerste Wat die Hart van vol is, het gesê wanneer dit by die liefde kom kan mens nooit uitgepraat raak nie. “Omdat daar so baie mooi musiek oor die liefde in Afrikaans is, was dit ‘n uitdaging om te besluit watter liedjies eindelik bestaansreg in die kabaret moes kry”. Volgens hom is die aanslag van die stuk lekker gemaklik en sal oud en jonk dit kan geniet.

Lilian Zeelie een van Port Elizabeth se top plaaslike musikante (klavier), Andrew Warneke (baskitaar), Devon van Rooyen (tromme), Wayne Simpson (akoestiese kitaar) en Stephen Hurter (elektriese kitaar) sal kykers betower met musiek van immergroen-kunstenaars soos André Swiegers, Riana Nel en Jak de Priester. Die sangtalent van Alida Senekal, Jolandi van der Westhuizen, Michael de Lange, Kyle du Preez en Riaan Hanekom sal dié musiek-extravaganza verder lewe gee. Roché Merrick en Lerato Mangoejane sal ook die gehoor met hulle danspassies betower.

Die teks van Wat die hart van vol is 2 spog met Baaise digkuns en dialoog uit die penne van Alvené Appollis en Anna Pauw. Pauw se debuutbundel, Kasgedigte vir Vleesbaai, sal vir die eerste keer by dié vertonings te koop wees. Pauw het gesê, aangesien daar van haar gedigte – wat sy as terloopse gedagtes bestempel – in die dialoog gebruik word, skep dit die ideale geleentheid vir mense om die bundel te koop voor dit later vanjaar amptelik geloods word.

Kaartjies kos R70 en is by die Westway-kafee beskikbaar. Kontak Hellen 041-365 0217 om te bespreek of skakel Riaan Hanekom by 084 513 0939 vir meer inligting.

The following two tabs change content below.
  • Bio
  • Latest Posts

Port Elizabethan

This author is a 'catch-all' for occasional articles and letters written to MyPE. The Author of each article can be found in the signature at the bottom of each individual article.

Latest posts by Port Elizabethan (see all)

  • Why Fewer People Are Being Convicted for Commercial Crimes - 15 May 2026
  • Urgent Call for South Africa to Support and Join Global Efforts to Phase Out Fossil Fuels - 15 April 2026
  • Unfenced 6 SAI Army Base Outside Makhanda Claims Another Life - 20 November 2025
  • Death Toll Rises From Makhado Bus Crash - 21 October 2025
  • Law Clinics Flooded as Home Affairs Blocks Asylum Seekers From the System - 15 October 2025

Filed Under: Entertainment Tagged With: cabaret, haart, heart, pemads

Footer

RSS Straton Electrical

  • Open Cycle Gas Turbine Usage
  • Flattening the curve – What Every Solar Installer Needs to Know
  • Why you shouldn’t leave a charger plugged in when not in use
  • How do I check if an Electrician is properly registered in South Africa?
  • Easy Electrical Troubleshooting for Humans
  • Water – If You Cannot Measure It Then You Cannot Manage It
  • Tips To Survive Loadshedding
  • Eskom’s Top 50 Electricity Saving Tips

RSS MyPE Business News

  • NMBBC On Budget 2025
  • Leading Business Minds Set to Headline Chambers Annual General Meeting
  • Bay of Opportunity Portal
  • Bay of Opportunity Ambassadors Programme to Promote the Bay and Attract Investment
  • 6 Decades of Trucking
  • Thermal Camera Installed at Redhouse Substation
  • Finalist in the 2025 South African Car of the Year
  • Joining hands to create a lasting impact to St Albans Primary School

RSS MyPR Press Releases

How you may use MyPE content © 2026 MyPE · Gqeberha, South Africa | Privacy Policy | MyPE Ads and Media Kit